‘n Taxibestuurder van Canelands in KwaZulu-Natal het Maandagoggend beserings opgedoen toe hy reg in ‘n boom in Vincent Dickensonstraat vasgery het.
Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) het lede omstreeks 07:16 ‘n oproep ontvang oor die taxibestuurder wat in die wrak vasgekeer was na die ongeluk. Die bestuurder is deur Rusa-personeel met hulp van die publiek uit die wrak gehaal.
Die bestuurder was die enigste persoon in die taxi tydens die ongeluk. Hy het vertel dat hy beheer verloor het oor die Toyota Quantum toe hy ‘n ander voertuig op die pad probeer vermy het.
Hy is op die toneel vir sy beserings behandel en is daarna na ‘n hospitaal vir behandeling geneem.



Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



