Vyfjarige met graaf doodgeslaan, moontlik verkrag

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vyfjarige meisie is glo Saterdag met ‘n graaf doodgeslaan en moontlik verkrag. Haar liggaam is in die vroeë oggendure in ‘n huis in Alexandria in die Oos-Kaap gevind.

Volgens die polisie is ‘n verdagte reeds in hegtenis geneem.

Polisiewoordvoerder, kol. Priscilla Naidoo, sê Siphenathi Xhali se liggaam is op die vloer in haar oom se huis gekry.

Die verdagte het glo die polisie net voor 06:00 na die huis ontbied oor iemand wat aangerand is. Met die aankoms van die polisie was die verdagte glo dronk en kon nie ‘n verduideliking gee oor wat presies gebeur het nie.

Die graaf is in die bure se tuin ontdek.

Xhali se ma het haar Vrydag by haar pa afgelaai. Die pa het haar glo by die bure gelos, waar die verdagte haar later gaan haal het.

Die 43-jarige verdagte sal Maandag in die hof verskyn weens moord. Na die lykskouing afgehandel is, sal ‘n saak van verkragting bygevoeg word indien bevind dat Xhali verkrag is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel