Negejarige lees 500 boeke in 362 dae

Deel hierdie storie / Share this story

Die negejarige Ewan Vogel het die afgelope jaar heelwat tyd met sy neus in ‘n boek deurgebring. In slegs 362 dae het hy 500 boeke gelees.

Ewan het in Augustus 2021 saam met sy pa, Elmo en ma, Angelique, na Denemarke emigreer.

Sy ma vertel sy het verlede jaar Desember vir Ewan ‘n uitdaging gegee – 500 boeke vir 500 DKK, wat sowat R1 250 is. Ewan het die meeste van sy boeke saamgetrek en kon self kies watter boeke, Afrikaans en Engels, hy wou lees. Net om seker te maak hy lees hulle regtig, moes hy al die boeke hardop vir sy ma lees en dan het sy hom sommer met die regte uitspraak van die woorde gehelp. Ewan, wat in ses maande vlot Deens kon praat, het tussendeur ook Deense boeke gelees wat nie bygetel was nie.

Ewan is ook ‘n kranige rugbyspeler en is vanjaar by die Speed-rugbyklub as 0/10 speler van die jaar aangewys

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel