Leerder tronk toe na messtekery by skool

Deel hierdie storie / Share this story

Die leerder wat glo Woensdag drie ander leerders by ‘n skool in Claremont met ‘n mes gesteek het, is in hegtenis geneem.

Volgens polisiewoordvoerder, sers. Wesley Twigg, word ‘n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer ondersoek.

Die 18-jarige leerder het na bewering drie ander leerders met ‘n mes aangeval. Twee van die leerders is gewond. Hulle is onmiddellik na ‘n hospitaal geneem waar twee reeds weer ontslaan is. Die ander leerder is in die hospitaal gehou, maar is stabiel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel