Drie leeuwelpies in Boksburg gered

Deel hierdie storie / Share this story

Die Valke in Boksburg het Maandag drie leeuwelpies van ongeveer vyf weke oud gered.

Kapt. Lloyd Ramovha, polisiewoordvoerder, sê vier vroulike verdagtes is in hegtenis geneem en het Woensdag in die hof verskyn op aanklagte van die onwettige handel, besit en vervoer van bedreigde spesies.

Die vrouens het na bewering probeer om die leeutjies te verkoop.

Die Valke het reageer op inligting dat die leeutjies verkoop word en so is die verdagtes in hegtenis geneem.

Jorain Hill (52), Megan du Plessis (25), Yanndri Bekker (27) en Lauren Bartholomew (46) is in besit van die leeutjies gevind.

Die saak is uitgestel vir ‘n fomele borgaansoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel