‘Little Mozambique’ hier in Kimberley!

Deel hierdie storie / Share this story

As jy hierdie jaar by die huis bly, maar op soek is na ‘n plek om jou tone in die sand te druk en ‘n gesellige atmosfeer waar vure brand en jy ‘n heerlike bord kos kan eet, dan is Little Mozambique die plek om te wees!

Bring jou hele gesin die vakansie en kom kuier saam by die Pap Kartel waar dit sal voel of jy in Mozambique is!

Daar sal heerlike aktiwiteite vir die kinders aangebied word terwyl die ouers iets kouds onder die palmbome kan geniet. Ons missproeiers is ‘n lafenis en sal sorg dat jy koel bly, al gaap die kraaie ook daarbuite.

Daar sal roosterkoeke met steak and kidney, chicken-mayocurry mince, en ‘n roosterkoek-burger, om maar net ‘n paar te noem, wees. Natuurlik is daar ook nog vulsels van jou keuse te kies en te keur.

Of besoek jy Pap Kartel spesifiek vir hulle beef stew, pap en wors, worsbroodjies, heerlike ontbyte, jaffels, schnitzels, gebraaide hoender of braaivleis?

Die Pap Kartel is enig in sy soort!

Besoek vandag nog Die Pap Kartel by Schmidsdriftstraat 41, oorkant Bou Groep of kontak Freddie by 0713771052.