Kim Kardashian en Kanye West finaliseer egskeiding

Deel hierdie storie / Share this story

Kim Kardashian en Kanye West het ’n egskeidingsooreenkoms bereik.

Kardashian het vroeg verlede jaar vir West om ‘n egskeiding gedagvaar. Hulle het nou ‘n ooreenkoms oor toesig oor hul kinders en ouerskapplanne bereik, sowel as oor die verdeling van hul eiendomsportefeulje.

Kardashian – wat North (9), Saint (6), Chicago (4) en Psalm (3) saam met West het – sal elke maand $200 000 (R3,3 miljoen) aan kinderonderhoud ontvang.

Die paar sal gesamentlike toesig deel en gelyke toegang tot hul kinders hê, terwyl West volgens People ook verantwoordelik sal wees vir die helfte van hul opvoedkundige en sekuriteitsuitgawes.

Kardashian en West se eiendomsportefeulje sal verdeel word op grond van hul huweliksvoorwaardeooreenkoms.

Die voormalige egpaar het ingestem om mediasiesessies by te woon indien hulle ‘n dispuut sou hê. Indien een van die partye versuim om dit by te woon, sal die ander party toegelaat word om die besluit alleen te neem.

Bronne: IOL, People, Fox News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Kanye West verloor biljoenêrstatus na anti-semitiese uitlatings