‘n Vrou is dood nadat sy glo haarself met ‘n das opgehang het ná ‘n woordewisseling met haar man.
Die 38-jarige vrou van Dan Pienaar in Bloemfontein en haar man (41), het glo die vorige aand in aparte kamers geslaap. Volgens haar man het hy die volgende oggend na haar kamer gegaan nadat haar alarm 06:00 afgegaan het, maar sy hom nie afgesit het nie.
Die man het aan die deur van die slaapkamer geklop, maar geen reaksie gekry nie. Hy het toe die venster gebreek, maar kon niks binne sien nie. Nadat hy ‘n familielid gebel het, het dié deur die vesnter geklim en op die vrou se lewelose liggaam afgekom. Sy het in ‘n sittende posissie teen ‘n kas gesit.
Paramedici is na die toneel ontbied en het die vrou dood verklaar.
Volgens die polisie in Bloemfontein is ‘n geregtelike doodsondersoekdossier by die Bayswater-polisiestasie geopen. Verdere ondersoeke in die saak sal gedoen word.
Indien jy of enigeen wat jy ken hulp nodig het oor selfdoodgedagtes, skakel die Suicide Crisis Helpline by 0800 12 13 14.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



