Demi-Lee Moore is Dinsdagaand by die Aitas Afrikaanse Musiektoekennings as Afrikaanse Kunstenaar van die Jaar aangewys.
Demi-Lee was die wenner van die eerste seisoen van Die Kontrak-televisieprogram in 2018. Dit was die derde keer wat die Aitsa-toekennings aangebied is.
“My hart, wat ‘n voorreg. dankie vir elkeen wat vir my gestem het. Ek is so lief vir my ondersteuners, sonder julle is ek niks, het ek niks en kan ek nie hierdie elke liewe dag doen nie. Dit bly ‘n voorreg,
So lank julle wil luister, sal ek aanhou sing!
D A N K I E !!, “
het Demi-Lee op haar Facebook-blad geskryf.


Fotokrediet: Demi-Lee/Facebook
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



