Ma verloor tweede seun in twee jaar weens asma

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Gr.7-leerder van die Laerskool Kameelfontein is op 27 November weens ‘n asma-aanval oorlede.

Dit is Yvonne Kruger se tweede kind wat sy as gevolg van ‘n asma-aanval verloor. Haar oudste seun, Via (16), is ook twee jaar gelede oorlede tydens ‘n asma-aanval.

Sy het nog ‘n seun Sakkie (16).

CJ het die naweek by ‘n vriend gaan kuier toe hy Sondag die aanval kry. Sy asmapompie het nie gehelp nie.

Sy hart het op pad na die hospitaal twee keer gaan staan. Sy longe het ook platgeval.

“Dit is met leedwese wat ons verneem het van die afsterwe van CJ Kruger (gr. 7) op 27 November. Ons dra sy gesin, familie en vriende op in gebed. Mag die liefde van Ons Vader hulle toevou en vertroos in hierdie tyd ” het die skool op hul Facebook-blad geskryf.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel