‘n Jong boer van Boshof in die Vrystaat is Maandagoggend dood op sy plaas gekry.
Volgens Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het Nico Oosthuizen (32) se vrou, Amanda Oosthuizen, die polisie en boere om hulp gevra nadat haar man met ‘n vuurwapen veld toe is.
Oosthuizen is Sondagoggend as vermis aangemeld waarna die soektog Maandag tragies geëindig het.
Na bewering het Oosthuizen met depressie gesukkel.
Hy is met ‘n skietwond in die kop gevind. Geen misdaad word vermoed nie.
Indien jy of enigeen wat jy ken hulp nodig het oor gedagtes aan selfdood, skakel die Suicide Crisis Helpline by 0800 12 13 14.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



