Eskom se bedryfshoof tree af

Deel hierdie storie / Share this story

Jan Oberholzer, Eksom se bedryfshoof, tree glo in April 2023 af. Hy word in dié maand 65 jaar oud.

In ‘n onderhoud met News24 het hy gesê dat hy meer as 30 jaar by Eskom was, waarvan vier jaar as bedryfshoof.

Eskom het nog nie bevestig wie sy plek gaan inneem en of hy moontlik op ‘n kontrakgrondslag sal voortgaan nie.

Oberholzer het in Mei ‘n bomdreigement ontvang, waarna ‘n persoon in hegtenis geneem is. André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, het ook herhaaldelike dreigemente gehad en daar was ook bewerings van afluistertoestelle wat in sy motor gevind is.

Oberholzer het onlangs sy pos as “veeleisend” beskou en gesê dis ‘n “pos wat nie onderskat moet word nie”.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel