Drie mense is dood en ‘n kind is kritiek nadat twee voertuie teen mekaar gebots het. Die ongeluk het ongeveer 22:00 Sondag plaasgevind.
Emer-G-Med paramedici is na die toneel op die R104 in die Rayton-omgewing ontbied waar drie insittendes in een van die voertuie gekry is. Hulle het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.
‘n Kind, vermoedelik vyf jaar oud, het kritieke beserings opgedoen. Sy is op die toneel deur noodsorgpraktisyns gestabiliseer voordat sy per ambulans na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere sorg.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



