Deel asb. – Help Bridget Bolleurs (16) met haar familie herenig

Deel hierdie storie / Share this story

Bridget Bolleurs (15) is laas op 15 November gesien toe sy Tambo Memorial-hospitaal in Boksburg verlaat het op pad na Brakpan.

Volgens inligting het sy die hospitaal saam met ‘n vrou van Indiese afkoms verlaat en is sedertdien sonder haar medikasie.

Sy is lig van gelaat en van gemiddelde bou. Sy het lang donkerbruin hare en bruinerige oë. Sy weeg ongeveer 50 kg en is ongeveer 1,63 m lank. Daar is geen uitkenbare littekens nie en sy het vermoedelik ‘n pienk hemp aangehad.

Benoni-voorvalleboek 1278/11/2022 het betrekking.

Enigiemand wat weet waar Bridget haar bevind, kan met die volgende persone in kontak kom:

O.B. Konst. Van Wyk: 011 747 0220 of 073 407 9485

Terri – Voog: 083 642 0030

Sam – Voog: 073 265 4135

Kids Haven: 011 421 4222

Anonieme inligting kan per WhatsApp of SMS aan 082 443 2245 gestuur word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.