‘Een stap nader aan huis toe,’ Mark uit ICU

Deel hierdie storie / Share this story

Na 30 dae in die intensiewesorgeenheid (ICU) is Mark Pilgrim die naweek uit die ICU ontslaan.

“Maerder as ‘n tandestokkie, maar een stap nader aan huis toe gaan,” so skryf Mark op sy Instagram-blad.

Sy twee dogters het ook weer by hom gaan kuier.

Die 53-jarige het op 27 Oktober twee mediese prosedures ondergaan sodat ‘n ineengestorte long behandel kon word.

Hy ontvang ook behandeling vir fase 4-longkanker, wat hy in Junie bekendgemaak het nadat die siekte na sy femur, die basis van sy ruggraat en limfknope, versprei het.

Pilgrim het in September op sosiale media gedeel dat na ‘n 45-minute bestralingsterapiesessie, “die gewasse in die been en ruggraat hopelik weg is.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel