Baby Tjoklits-sanger verjaar

Deel hierdie storie / Share this story

Gerhard Steyn, die sanger wat bekendheid verwerf het met sy Baby Tjoklits-liedjie, verjaar vandag.

Gerhard het sy debuut in 2000 gemaak en saam met Lianne Heyl, beter bekend as Boeboe, opgetree.

Daarna het hy deel gevorm van die duo Windpomp saam met medevervaardiger, baskitaarspeler, kitaarspeler en musiekverwerker, Naas de Jager.

Gerhard het in 2004 met sy eerste solo-album Teen die Berg gedebuteer, gevolg deur Sestien Songs in 2006 en Breekbaar in 2008.

Dit was met daardie album wat hy bekendheid verwerf het met uiters gewilde treffers soos Baby Tjoklits, Sexy Jeans, Pennies en Ponde en Breekbaar.

Sy vierde album is Als begin eers nou. Hy is geteken by VONK- Suid-Afrikaanse etiket. Hy is ook aangewys as “VONK-liedjieskrywer van die jaar”.

In 2009 het sy eie liedjie Baby Tjoklits die 2009 “VONK-liedjie van die jaar” gewen. Dit is ook deur Radio Rippel-luisteraars aangewys as “Lied van 2009”.

“46 Jaar oud vandag

My lief
Baie geluk met jou verjaarsdag my man…
Hoe bevoorreg is ons, om so ongelooflik Man en Pappa te hê…
Mag God vir jou, oorvloed, al jou drome en hartsbegeertes vir jou in jou slaap gee, mag sy guns jou vooruit gaan!!!

Dankie vir alles wat jy vir ons doen, dat jy nooit opgee nie, en dat jy altyd aanhou maak nie saak wat nie…
Vandag celebrate ons jou!!!
Jy’s ons lewe❤

Ons is lief vir jou…
meer as wat ons ooit kan sê….
Zelri , Zardi , Zaniq,” skryf sy vrou, Zelri op Facebook.

Gerhard, Zelri en hul dogters.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel