Min Shaw word 88!

Deel hierdie storie / Share this story

Die legendariese sangeres, Min Shaw, vier vandag haar 88ste verjaarsdag.

Shaw se regte naam is Wilhelmina Jacoba Viviers.

Sy het in 1971 haar groot deurbraak gemaak toe sy LM Radio se talentkompetisie gewen het.

Min is deur haar loopbaan bekend vir vele treffers soos Ek is lief vir jou, My Blonde Visserman en Die Heidelied.

Min was ook te siene deur die jare in verskeie televisieproduksies soos Tick Tock Time en Familiedae en was ook te sien in films soos Hoor my Lied en Jy is my Liefling.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel