‘n Seun en dogter, onderskeidelik sewe en agt jaar oud, is Woensdagaand kritiek beseer nadat hulle deur ‘n motorvoertuig in Randburg raakgery is.
Emer-G-Med se paramedici is om ongeveer 17:00 na die toneel uitgeroep waar ‘n VW Amarok na bewering die twee kinders raakgery het.
Beide die kinders se toestand was kritiek en Emergency Care-praktisyns moes verskeie gevorderde lewensondersteunende invervensies toepas om die kinders te stabiliseer. Hulle is op meganiese ventilators geplaas wat hulle moes help met asemhaling. Hulle is daarna per helikopter na ‘n gespesialiseerde fasiliteit geneem vir verdere mediese sorg.
Die omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, was nie duidelik nie, maar die SAPD was op die toneel vir die nodige ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



