Afperser probeer beloningsgeld van Willem Kruger opeis

Deel hierdie storie / Share this story

FiND iT het vroeër berig oor die man wat uit Gqeberha met ‘n joernalis van Standerton Chronicles kontak gemaak het. Hy het beweer hy het ‘n soortgelyke bakkie gesien het as dié van Willem Kruger. Hy het verder beweer ‘n man met ‘n blou hemp het agterin gesit en die bakkie is deur ‘n VW Polo agtervolg. Die bakkie sou glo afgedraai het in die rigting van Motherwell.

Mike Bolhuis sê dit is juis Sondag dat ‘n afperser met hierdie inligting beweer het dat hy vir Kruger aanhou. Hy het ondersoekers gedreig en gesê dat hy Kruger sou seermaak indien die geld nie oorbetaal sou word nie. Die persoon, wat vals inligting aan die ondersoekers voorgehou het om die beloningsgeld van R200 000 op ‘n onderduimse wys te probeer bekom, is tot in Motherwell nagespoor.

Dié inligting soos menige ander, het die ondersoekspanne besig gehou omdat hulle alles opgevolg het, maak nie saak hoe en deur wie dit ingekom het nie.

Bolhuis herinner aan al die ander vermiste mense in Suid-Afrika wat daagliks aangemeld word, wat vermis bly of dood opgespoor word. Bolhuis voel dat elke vermiste persoon dieselfde hoeveelheid aandag deur soek en opsporing moet geniet.

Bron: Record

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.