Sherry Waite (64), ‘n eiendomsagent van Carlsbad, Kalifornië, VSA het na Suid-Afrika gekom om ‘n troue by te woon en het glo spoorloos tussen die hoteldeur en ontvangstoonbank van ‘n hotel by OR Tambo- internasionale lughawe verdwyn.
Sy was op die 13de November saam met haar broer en neef in Dubai voordat hulle na Suid-Afrika gereis het vir ‘n troue by die Palace of the Lost City in Sun City. Sy het agterna gespog dat sy Brian Mitchell, Suid-Afrikaanse bokser en gholfspeler by ‘n kroeg in Sun City ontmoet het.
Sy is na bewering 10:00 gisteroggend deur ‘n voertuigbestuurder van die Houghton-hotel na die Intercontinental-hotel by OR Tambo- internasionale lughawe geneem.
‘n Portier wat aan diens was het bevestig dat sy by die Intercontinental aangekom het. Hy het haar van ‘n foto herken. Volgens die hotel het sy egter nooit ingeboek nie en oënskynlik spoorloos verdwyn.
Sy is by Norwood-polisie as vermis aaangegee met Voorvalle-boeknommer 1175/11/2022.
Die hotel is na bewering onwillig om CCTV-opnames van haar aankoms en wat daarna met haar gebeur het, te deel.
Sy moes gisteraand om 18:00 saam met haar broer hul terugreis aanpak. Hy het laat weet dat sy nie op die vlug was nie.
Die polisie het glo vir haar familie gesê dat die dossier eers vanoggend aan die eenheid vir vermiste persone oorhandig kan word.
Haar geliefdes versoek dat inligting oor haar wyd versprei moet word. Indien enigiemand weet waar sy haar bevind, kan hulle met die volgende nommers kontak maak:
Norwood-SAPS op 011 483 4600
Stan Bezuidenhout IBF WhatsApp +27 63 891 8200
Bron: Delicia Averbuch en Sherry Waite Facebook-blad
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



