‘n Bejaarde egpaar is glo verlede week van waardevolle besittings en ‘n VW Polo beroof tydens ‘n inbraak in Avoca Hills, Durban.
Tyron Powell, Marshall Security-direkteur, sê die egpaar is verlede week Donderdagaand deur drie verdagtes in hulle huis aangehou voor hulle beroof is.
Lede is omstreeks 19:00 na die toneel ontbied waar die egpaar deur gewapende verdagtes aangehou is. Die verdagtes het glo 15 minute lank deur die huis gesoek vir waardevolle besittings voor hulle in die egpaar se VW Polo van die toneel gevlug het.
Die voertuig is later deur die Tracker SA-span opgespoor, maar die besittings was nêrens te vind nie. Die polisie ondersoek die saak. Kapt Thenjiswa Ngcobo, polisiewoordvoerder, het bevestig die saak word ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



