Die burgerregteorganisasie AfriForum het vertoë gerig aan die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, Makghoti Thobakgale, om uiteen te sit waarom voormalige president Jacob Zuma die res van sy vonnis moet uitdien.
Dit volg nadat die Hoogste Hof van Appèl AfriForum se hooggeregshofuitspraak bekragtig het dat Jacob Zuma se mediese parool onwettig toegestaan is. Hierbenewens is ’n kostebevel teen Zuma ingestel. Die Hoogste Hof van Appèl het egter die besluit of Zuma se tyd op mediese parool van sy vonnis afgetrek kan word aan Thobakgale oorgelaat.
“Deur hierdie vertoë aan Thobakgale te rig, maak AfriForum dit duidelik dat die organisasie nie voorkeurbehandeling van hooggeplaaste politici sal duld nie. Zuma se mediese parool was vanuit die staanspoor onwettig en daarom moet Zuma terug tronk toe. AfriForum sal aanhou om vir geregtigheid in hierdie saak te veg,” sê Reiner Duvenage veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



