Luidens ‘n verklaring deur die Jacob Zuma-stigting sê oud-president Zuma hy het klaar sy 15 maande vonnis, meestal op parool, teen 7 Oktober uitgedien.
Dit volg nadat twee howe beslis het dat Zuma nooit mediese parool moes ontvang het nie. Die uitspraak is eenparig deur die onderskeie regters gemaak.
Zuma se appèlaansoek wat hy voor die Bloemfonteinse appèlhof gebring het om te betwis dat sy paroolbeslissing ongrondwetlik was, het misluk.
Volgens die stigting sal verdere tronkstraf ‘n doodsvonnis wees omdat die tronk nie die nodige mediese fasiliteite het wat Zuma vereis nie.
Lees die volledige verklaring hier:




Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



