Bejaarde vrou (72) op plaas dood nadat sy glo verstik het

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Bejaarde vrou (72), wie se naam aan FiND iT bekend is, maar op versoek van die familie weerhou word, is Maandagoggend op ‘n plaas in Limpopo oorlede nadat sy glo verstik en versmoor het.

Na bewering was haar man (75) buite om iets te gaan doen op die plaas waar hy ‘n bestuurder is en toe hy terugkeer, het hy sy vrou gevind waar sy dood lê.

Sy het glo verstik en het doodgewurg.

Haar geskokte man wil nie tans met iemand praat nie en word deur sy seun en gemeenskap ondersteun.

FiND iT het die polisie vir kommentaar gevra.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.