Hamermoord: Ma oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

Die 32-jarige ma, wat haar vier kinders glo met ‘n hamer vermoor het, is oorlede.

Polisiewoordvoerder, brig. Tembinkosi Kinana, het gesê Nomboleko Simayile is Sondag dood nadat sy siek geword het terwyl sy in polisie-aanhouding was.

“Sy het by die polisie aangemeld dat sy nie goed voel nie, maar het nie gesê wat die aard van die siekte is nie. Sy is toe dadelik na ’n nabygeleë hospitaal geneem vir mediese aandag, waar sy na bewering dood is,” het Kinana gesê. Hy het gesê ‘n nadoodse ondersoek sal gedoen word om die presiese oorsaak van Simayile se dood te bepaal.

Kinana het gesê sy is in hegtenis geneem nadat haar vier kinders op Woensdag 9 November in die Mhlabubomvu-lokasie naby Ngcobo doodgeslaan is.

’n Geregtelike doodsondersoekdossier is geregistreer vir ondersoek deur die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod).

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.