Dodo Nyoka se liedjies al meer as 1 m. keer gestroom

Deel hierdie storie / Share this story

Dodo Nyoka (21), naaswenner van Die Kontrak 2, se liedjies is al meer as 1 miljoen keer op stroomdienste geluister.

Sy liedjie, Foto’s, was ook Vrydag nommer een op Spotify. Die liedjie was ook al bo-aan Apple Music se lys.

Sy mentor tydens Die Kontrak 2, Karlien van Jaarsveld, het gesê sy weet Dodo “se stem is geroep om oor Suid Afrika heen uit te gaan.”

“Ons kyk meeste van die tyd die wat klein lyk mis, maar dis juis hulle wat die brood in hulle hande het tot vermeerdering, mag Dodo se getuienis vermeerder en mense se uitkyk kom verander.”

Dodo het as klein seuntjie al begin sing en het nog altyd gedroom van ‘n sangloopbaan.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.