Tiener (15) dood, ma beseer na skote deur skuifdeur

Deel hierdie storie / Share this story

Keisha Goliath (15) van Vanes Estate, Uitenhage is op 10 November om ongeveer 21:55 dood en haar ma (36) beseer toe daar op hulle geskiet is.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê ‘n onbekende verdagte het na bewering deur ‘n skuifdeur na Keisha en haar ma geskiet. Beide is na ‘n mediese fasiliteit gehaas, maar Keisha het weens haar wonde omgekom.

Die motief vir die skietery is onbekend. Geeneen is tot op hede in hegtenis geneem nie. ‘n Saak van moord en poging tot moord word ondersoek. Die ondersoek duur voort.

Enigiemand met inligting oordie voorval kan s/konst. Shawn Mbonda kontak by 082 302 5810 / 078 943 7655 of Stop Misdaad by 08600 10111 of die naaste polisiestasie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.