‘n TV-verslaggewer van Kenia, Alvin Kaunda, is onverwags deur ‘n baba-olifantjie verras toe hy besig was om op kamera verslag te doen.
Terwyl Kaunda besig was om oor die beskerming van wildlewe te praat, het een van die baba-olifantjies wat om hom gestaan het, hom skielik op die skouer begin tik.
Die olifantjie het nader aan Kaunda beweeg en sy slurp op die verslaggewer se skouer gesit. En toe sy gesig verder liefderik met sy slurp verken sodat die verslaggewer en die kamerman moes uitbars van die lag en verfilming onderbreek het.
Kaunda is ‘n verslaggewer vir Kenya’s Broadcasting Corporation (KBC).
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



