Gedenkdiens vir gr. 9-leerling wat skielik sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Daar sal Maandagoggend om 11:30 by die NG Noord-gemeente ‘n gedenkdiens vir oorlede K-Lee Woest plaasvind.

Hoërskool Brandwag het Donderdag die nuus van haar skielike dood op Facebook bekendgemaak.

“Die Hoërskool Brandwag hou Maandag om 11:30 in die NG Noord-gemeente ’n gedenkdiens vir K-Lee Woest. Die diens is vir die Brandwag-gemeenskap, veral om ons leerlinge die geleentheid te gee om van K-Lee afskeid te neem. Die diens wat K-Lee se familie reël, is volgende Vrydag by die NG De Mist-gemeente.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel