Mel Gibson gaan nie getuig in Harvey Weinstein se verkragtingsaak nie. Aanklaers wou nie verduidelik hoekom Mel Gibson nie meer gaan getuig nie, maar het net gesê hy gaan definitief nie meer getuig nie.
Gibson sou getuig vir bevestiging dat Jane Doe #3 deur Weinstein aangerand is tydens ’n masseringsessie in 2010.
Daar was eers spekulasie of Gibson sou kon getuig omdat die verdediging gesê het hy is anti-semities en Weinstein is Joods, maar die regter het toegelaat dat Gibson sou kon getuig.
Die aanklaers is glo van plan om hulle saak teen Weinstein die week af te handel. Vier aanklagtes teen Weinstein wat verband hou met Jane Doe #5 is laat vaar. Dit beteken dat Weinstein, wat tans ‘n vonnis van 23 jaar vir sy skuldigbevinding aan seksmisdade in 2020 in New York City uitdien, nou teregstaan op twee aanklagte van verkragting en vyf aanklagte van seksuele aanranding in die West Coat-saak.
Met ‘n appèl teen sy Ooskus-skuldigbevinding, kan Weinstein tot ‘n tronkstraf van 60 jaar tot lewenslange vonnis gevonnis word indien hy skuldig bevind word op die sewe oorblywende aanklagte in Los Angeles.
Bronne: Deadline, IMDB
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



