Onthou om te deel!
Willem Kruger (29) word steeds gesoek. Intussen is ‘n beloning van R200 000 uitgereik vir enigiemand wat inligting voorsien wat tot sy opsporing sal lei.
Willem het Sondag 13 November vermis geraak:
Hy het blou oë en bruin hare, is van gemiddelde bou, weeg ongeveer 100 kg en is ongeveer 2 m lank.
Hy was geklee in ‘n blou hemp en kort kakiekleurige broek toe hy laas gesien was.
Hy bestuur ‘n wit Hilux Dakar-bakkie met registrasienommer FBH 948 L.


Intussen is ‘n tydlyn van gebeure deur die Ons Soek Willem Kruger Facebook-blad, soos volg, saamgestel:
12 November: Saterdagogegend
- 07:00 – Willem ry van Vaalfontein-plaas op Groblersdal na Henbase Loge in Morgenzon
- Die funksie wat hy saam met vriende bywoon, duur tot laataand
- Dit reën deurdringend deur die nag in die gebied en omliggende areas
- Willem en ‘n vriend het ‘n kamer bespreek om te oornag
- Willem se vriend is na die partytjie na die bespreekte kamer
- Die plan was dat Willem sou oorslaap en eers die volgende oggend sou ry
13 November: Sondag
- Dit reën steeds deurdringend en die Grootdraaidam is op 112 % kapasiteit, wat die rivier laat oorloop.
- Willem word 218 km van Henbase Lodge op Groblersdal op Vaalfonein verwag
- Hy bel 01:15 en 01:30 sy vriend saam wie hy ‘n kamer sou deel, maar die vriend se foon is op silent gestel en hy mis Willem se oproepe
- Willem word vir die laaste keer rondom 02:00 gesien
- Daar word ‘n aanname gemaak dat Willem gedurende die vroeë oggendure Groblersdal toe vertrek het
- Niemand het hom egter in sy bakkie sien klim of gesien dat hy wel vertrek nie
- Willem moes ‘n roete volg: Morgenzon, Bethal, Middelburg en dan sy eindbestemming – Groblersdal
- Willem daag egter nooit op Groblersdal op nie
- ‘n Soektog na hom word van stapel gestuur
14 November: Maandag
- ‘n Soektog begin op Henbase Lodge waar hy vir die laaste keer gesien was
- Alle paaie word deur middel van ‘n motor gepatrolleer op soek na hom
- Helikopters word gebruik om uit die lug te soek
- Die oorspronklike roete wat hy moes ry, word gery
- Willem se pa, Tian Kruger, bevestig dat die tracker-maatskappy nie sy bakkie se sein kan opspoor nie
- Henbase Lodge se CCTV-kameras wys hoe Willem die lodge binnekom, maar daar is geen opname dat hy die lodge verlaat nie
- Daar word ‘n aanname gemaak dat hy en sy bakkie steeds iewers op die lodge moet wees
- ‘n Soektog op die lodge werp egter nie vrugte af nie
- Die Vaalrivier wat in vloed is, loop deur die lodge
- Polisie en privaat duikers begin met ‘n soektog wat om die Vaalrivier gesentreer is
- Tian Kruger, Willem se pa, nader privaat speurder Mike Bolhuis om met die soektog betrokke te raak
15 November: Dinsdag
- Die soektog word weereens om die Vaalrivier, wat steeds in vloed is, gefokus
- Die soektog word deur die vloed bemoeilik
- Mike Bolhuis se span arriveer en is nou deel van die soektog
- ‘n Verteenwoordiger vir die familie merk op dat daar ‘n klein brug is waaroor almal moet ry om toegang tot die lodge te verkry
- Die brug wat reguit loop en dan skielik skerp draai, kan as gevolg van die reën en vloede egter nie behoorlik gesien word nie
- Daar is steeds ‘n kans dat Willem wel by die lodge uit is, maar geen CCTV-kameras tel hom langs die pad op nie
- Die rivier is steeds in vloed
- Lydenburg polisie-honde-eenheid, polisie-duikeenheid, Mike Bolhuis se span en ander veiligheidspanne vanuit die gemeenskap is by die soektog betrokke, waar selfs hommeltuie ingespan word
- Geen spoor van Willem word opgetel nie
16 November: Woensdag
- R50 000 beloning word aangebied vir inligting wat tot Willem se opsporing sal lei
- Daar word bevestig dat beide Willem se voertuigopsporingstelsel en selfoonsein laas op die lodge registreer het, maar beide is af
- Die vlak van die Vaalrivier is besig om stelselmatig te sak
- Helikopters en bote word vir die soektog ingespan
- Die weer steek op
- Mike Bolhuis sê sy beste speurders is vir die soektog ingespan
- Mike Bolhuis bevestig verdere leidrade en informasie, maar wil nie uitbrei nie
- Nog ‘n span privaat ondersoekers sluit by die soekgeselskap aan
- Mike Bolhuis sê: of Willem is gekaap / aangeval voordat hy by die lodge uit is, of daar is die moontlikheid dat hy die bruggie gemis het en met sy voertuig die rivier in is. Daar is blykbaar nog ‘n opsie waaroor nie gepraat word nie
- Die soektog word bemoeilik, omdat die rivier sterk vloei
- CCTV- en padkameras word nagegaan
- Mike Bolhuis vra om dadelik ingelig te word indien ‘n vreemde artikel, bv. ‘n selfoon, in die area van die rivier opgetel word
- Die rivier sak, maar dit sal nog dae duur voordat die vloei genoegsaam bedaar
- Die beloning om Willem te vind, is tot R200 000 verhoog
- Geen nuwe inligting is beskikbaar nie
Indien daar enige inligting is waar Willem homself bevind, kan die volgende persone gekontak word:
- Marilé Nieuwoudt: 071 873 1184
- Phil Vermeulen: 082 604 4598
- Kapt. T Matipa Groblersdal SAPD : 013 262 8371
Bron: Ons Soek Willem Kruger Facebook-blad
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



