Anel Mellor, wat self by die SAPD werk, is die dame wat voor OK in Oakdale, Bellville, Kaapstad, aangeval word.
In die video kan gesien word hoe ‘n motor stop, grypdief-verdagtes uitspring en haar handsak probeer vat tydens ‘n struweling met haar. Sy het terugbaklei en hulle kon nie met haar handsak wegkom nie.
Sy het ‘n aanrandingsaak by Bellville-SAPD oopgemaak.
Sy het haar dankbaarheid teenoor die sekuriteitswag en OK-personeel wat haar bygestaan het, uitgespreek.
“Everything in my body aches and will be going for trauma counseling,” het Mellor in kommentaar onder die video geskryf.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



