Kyk: Coca-Cola-vragmotor saai amok in Knysna toe remme glo meegee

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Mercedes Benz-afleweringsvragmotor van Coca-Cola het gistermiddag amok gesaai nadat sy remme glo gefaal het en ‘n kettingbotsing op die N2 tussen die George Rex-pad en die ou tolpad-interseksie in Knysna veroorsaak het wat by die ingang na Knyskna is.

Drie mense en twee perde is beseer toe die vragmotor met ses voertuie gebots het.

Sers. Chris Spies, polisiewoordvoerder, sê die vragmotor was vanaf Plettenbergbaai na Knysna onderweg toe sy remme meegee en hy teen verskeie voertuie gebots het.

Nooddienste was op die toneel. Roekelose en nalatige bestuur word deur die polisie ondersoek.

Fotokrediet Bertus Benecke

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.