André Venter 52 jaar oud

Deel hierdie storie / Share this story

Die Springbokheld André Venter het gister sy 52ste verjaarsdag gevier. Hy word beskou as een van die heel grootstes van SA-rugby.

Venter is al byna 20 jaar aan ‘n rolstoel gekluister. ‘n Paar jaar na sy uittrede is Venter gediagnoseer met ‘n degeneratiewe sindroom van die sentrale senuweesstelsel wat skade aan die ruggraat veroorsaak. Dit het hom in ‘n rolstoel ingedwing.

Hy was superfiks en ‘n voorbeeld vir enige professionele sportman, op en van die veld af. Venter het 66 toetse vir die Springbokke gespeel, onder meer in die Wêreldbekertoernooi van 1999. André was ‘n huishoudelike naam in die Vrystaat waar hy die Cheetahs in meer as 160 wedstryde verteenwoordig het.

Al sit hy nou in ‘n rolstoel, is hy een van die “Bokke na wie mens altyd opkyk,” skryf SupaRugby op hul Facebook-blad.