Daar word steeds onverpoosd na Willem Kruger (29), wat sedert gisteroggend vermis is, gesoek.
Daar was selfs ‘n helikoptersoektog waarmee sy pa Tiaan gehelp het, asook sy selfoon wat nagespoor was – sonder sukses.
Tans word ‘n soektog in en om die Vaalrivier, wat volgens Willem se pa in vloed is en waar hy die laaste keer gesien was, onderneem. Die Vaalrivier loop reg voor Henbase Lodge verby, waar Willem glo ‘n ramparty bygewoon het.
Hy moes gisteroggend van die lodge in Amersfoort, Mpumalanga na Groblersdal in Limpopo reis. Toe hy nie opdaag nie, is ‘n volskaalse soektog na hom begin.
Bron: Anoniem en Middelburg Observer
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



