Skokkende video van 9-jarige wat vragmotor op openbare pad bestuur

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Skokkende video word op sosiale media gedeel waarin ‘n negejarige seun ‘n Scania-vragmotor op ‘n openbare pad bestuur. Die video en artikel is deur Sbu Mzobe van SA Trucker gedeel.

Die pa van die kind verfilm die video, alhoewel jy nie kan sien waar presies hy sit nie en volgens Mzobe word verstaan hy sê hy leer sy seun van ‘n jong ouderdom af.

In die video wat hy neem, wys hy dan dat die vragmotor wat die kind bestuur 100 km/h ry en ‘n aankomende vragmotor kan gesien word.

Mzobe sê hy weet nie waar en wanneer die opname gemaak is nie, maar volgens die taal wat gepraat word, is sy afleiding dat dit moontlik in Suid-Afrika of ‘n buurland kan wees.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.