Nie vir sensitiewe lesers nie!
Olebogang Mosime (8) van Vista Park in Bloemfontein is oor die naweek dood nadat ‘n pitbull terriër hom gebyt het. Hy was ‘n gr. 3-leerling van die Primêre Skool Roseview.
Hy was by sy ouma, Siphiwe Litabe, wat moes aanskou hoe hy doodgebyt word. Nozizwe Manyana, ‘n buurvrou, sê daar was reeds ‘n geruime tyd bekommernis oor die kwaai hond. Die DBV het twee ander honde van die perseel verwyder.
Lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die hond na bewering uitgekom en oor die heining tussen twee huise gespring het, waarna hy die kind, wat alleen gespeel het, aangeval het. Die hond is van kant gemaak.
Die kind is op die toneel dood verklaar en ‘n geregtelike doodsondersoek is by die Mangaung-polisiestasie geregistreer.
Bron: SABC News Free State
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



