‘n Vliegtuig van die Suid-Afrikaanse lugdiens het gisteraand met ‘n vliegtuig van FlySAfair-lugdiens in die vliegtuigparkeerterrein van die OR Tambo- internasionale lughawe gebots.

FlySafair het ‘n verklaring uitgereik waarin hulle sê hul Boeing 737-800-vliegtuig se stertgedeelte is deur ‘n SAL Airbus A320-vliegtuig se vlerkpunt getref.
FlySafair se vliegtuig was tydens die insident binne die grense van een van die hekke van die lughawe parkeer.
Die betrokke SAL-vliegtuig is van die lughawe se oprit na die instandhoudingsfasiliteit gesleep deur ‘n trekker toe die sleepstang breek en die SAL-vliegtuig weggeswaai en met die FlySafair vliegtuig gebots het.
Daar was geen passasiers aan boord nie en niemand het beserings opgedoen nie. Die insident word ondersoek en beide die vliegtuie is gegrond.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



