Nie vir sensitiewe lesers nie!
‘n Seun (8) van Vista Park in Bloemfontein is by sy huis dood nadat ‘n pitbull terriër hom gister om ongeveer twee-uur die middag verskeur het.
Lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê die hond, wat aan die bure behoort, het na bewering uitgekom en oor die heining tussen die twee huise gespring. Hy het daarna die kind, wat alleen gespeel het, aangeval.
Die kind het wonde aan sy nek en bors opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Paramedici en die polisie was op die toneel.
Lawrance Tshabedi, paramedikus, het op ‘n noodoproep van ‘n kind wat deur ‘n hond gebyt word, reageer. Met aankoms het hy die kind dood gevind waar hy by die motorhuis gelê het.
Die paramedikus het die hond wat met bloed bedek was, gesien en wou hom van kant maak. Polisielede het die hond op die toneel doodgeskiet.
‘n Geregtelike doodsondersoek is by die Mangaung-polisiestasie geregistreer.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



