Goedvoelstorie: Gr. 7-dogter ontferm haar oor mede-leerling

Deel hierdie storie / Share this story

Keabetswe Mocheko (13), ‘n gr.7-leerling van Laerskool Rachel de Beer in Pretoria-Noord, het haar oor Marco Cenci (9), wat maar altyd soos dit ‘n seun in die somer betaam, kaalvoet loop, ontferm. Marco word beskryf as almal se vriend en nog boonop baie geliefd.

Kea, met haar mooi persoonlikheid, wat saam met Marco in die skool is, wou graag iets vir hom doen nadat sy die kaalvoet-skooltoe-ganery opgemerk het. Sy het toe sommer uit haar eie vir Marco splinternuwe skoolskoene, seilskoene en ‘n skooltrui gekoop en vir hom gegee.

Marco, wat baie dankbaar is, is nou so ewe bekommerd om nie sonder skoene by die skool op te daag nie, wat hy so lief is om te doen, want hy gaan nie dat Kea sleg voel nie.

Tshiamo Tshia Mocheko, Kea se ma, sê haar dogter is goed deur hulle grootgemaak en Kea hou daarvan om ander te help, al gebruik sy haar laaste geld.

“We taugt her to Love everyone as Christ Loved us.”

“That’s our girl I am so proud of her. May God continue to grow the Love she have to everyone.”

Marco se ouers, beide staatsdienswerkers, wat gewoonlik ander mense help, was verstom oor Kea se mooi gebaar en was net vol lof vir die dogter se mooi persoonlikheid en vrygewigheid.

“Mense, as ons ons kinders kan leer om lief te wees vir almal, ongag hulle kleur, herkoms of stand in die samelewing, dan eers sal ons ‘n toekoms hê in ons mooi land,” sluit Marco se ma af.

Kea is trots op haar mooi gebaar, en Marco? …sy voorliefde vir kaalvoet loop is vir eers van die baan met sy splinternuwe paar skoolskoene.

Almal is so trots op die twee kinders wat hierdie besonderse omgee vir mekaar gewys het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.