Deel asb.: Help om die vermiste TJ Booyse tuis te kry

Deel hierdie storie / Share this story

TJ Booyse is al sedert 22 September vermis.

Anna Tlam, sy ma, het gesê die gesin het van Gauteng na De Rust in die Wes-Kaap getrek. TJ het by sy grootouers tuisgegaan en hy het een middag vir haar ‘n boodskap gestuur wat sê: “Ma ek is lief vir jou en dankie vir alles”. Sy is later deur sy grootouers ingelig dat hy sy tas gepak het en weg is.

Hy het bruin hare, groen oë en is van middelmatige bou.

TJ is ‘n chroniese asmalyer en allergies vir jodium.

Hy het ‘n tatoe van ‘n kitaar en musieknote op sy regterarm met die bewoording: “music for Jesus.”

Sy ma versoek emosioneel dat hy of enigiemand wat weet waar hy hom bevind met haar moet kontak maak by 074 955 2866 – bel en 081 4248 079 – what’sApp.

Sy jonger suster is tans ook op Oudtshoorn in die hospitaal opgeneem.

Kontaknommers: 074 955 2866 vir bel en 081 424 8079 vir WhatsApp.

TJ is tans nog nie by die polisie as vermis aangemeld nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.