‘n Vermeende dief wat by ‘n huis wat oop was in Northdenestraat op Brakpan ingegaan het, waar ‘n 10-jarige saam met ‘n ouer tuis was, is deur ‘n taxibestuurder en gemeenskapslede aangekeer en ‘n les geleer nadat hy die kind gewurg het.
Wynand Feyt van Secure Tech sê die verdagte het die huis binnegegaan en was besig om goedere te steel toe die kind op hom afkom en uitroep. Die verdagte het die kind om die nek gegryp en begin wurg. Die ma wat haar kind se noodroep gehoor het, het ingestorm, waarna die verdagte met ‘n skootrekenaar en selfoon op die vlug geslaan het deur oor mure te spring.
‘n Taxibestuurder en lede van die publiek het opgemerk hoe hy oor mure spring en het hom in ‘n erf gekonfronteeer waar ‘n hond hom in ‘n hoek vasgekeer het. Die gemeenskap het die reg in eie hande geneem en hom ‘n les geleer.
Intussen het Secure Tech en CP Security ‘n noodoproep ontvang van ‘n vrou wat gesê het daar is vreemdelinge in haar dogter se erf..
Op die toneel het hulle die vermeende verdagte en die taxibestuurder asook gemeenskapslede gekry wat die verdagte aan hulle oorhandig het. Dit is eers toe ‘n vrou in die pad af kom en vir hulle sê dat die man by haar huis gesteel het en dat die items wat by hom gevind, hare is, dat hulle uitgevind het wat vooraf gebeur het.
Secure Tech en CP Security het die vermeende huisbreker aan die Brakpan-polisie oorhandig.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



