Steve: ‘Totsiens Dis-Chem, dis ‘n beginselsaak’

Deel hierdie storie / Share this story

Die uitgesproke sanger, Steve Hofmeyr, boikot nou vir Dis-Chem. Hofmeyr het op sy Facebook-blad gesê sy pad met die winkel gaan nou skei

“Dit is ‘n beginselsaak. Totsiens Dis-Chem,” skryf Hofmeyr.

“Ek het deur die jare sulke goeie vriende gemaak by Dis-Chem. Wit of swart was NOOIT ‘n vraag nie tot hul baas my dié maand attent gemaak het daarop dat blankes minderwaardig is in sy oë. Hier stap ek vir die laaste keer uit met my oorspronklike voorskrif. Daar is ander apteke bevry van neerhalende deugseine en partydige rasbeleid. Dieselfde siek ideologie wat nou so lekker backfire in Vishoek se Fishy Gate. Hulle wil kinders minder rassisties maak met meer rassisme, blankes as boosgebore uitkryt en skoliere lekker nuwe seksidees gee om hul verveling te kortwiek. Dit is presies wat Kritiese Rasteorie en Kritiese Genderteorie is. Sterkte daarmee. Dis al 30 jaar later en Suid Afrikaners was nog nooit so wantrouig teenoor mekaar nie en nog nooit het gedekoloniseerde wetenskap ons kollektief so dom-onnosel gemaak nie. Erken dit, herken dit en roei dit uit,” skryf Hofmeyr.

Dit volg na ‘n uitgelekte memorandum waarin die uitvoerende hoof, Ivan Saltzman, ‘n moratorium op die aanstelling en bevordering van witmense plaas. Dis-Chem sukkel glo om sy bemagtingsketting te behaal.

Die Facebook-groep Boikot Dis-Chem, het al meer as 14 000 lede.

Dis-Chem het op 4 November erken sy verkope het vir so agt dae gedaal ná die boikot vanaf 17 tot 24 Oktober.

Solidariteit is op die oomblik besig met ‘n regsaak teen Dis-Chem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel