Die jong paartjie van Stellenbosch wat op 24 Oktober in hul motor in ‘n gruisgat gevind is, het verdrink.
Leila Lees (18) en Ethan Kirkland (19), is op 21 Oktober as vermis aangemeld. Hul motor is drie dae later gevind toe verbygangers die wiele van die motor bo die water in ‘n gruisgat sien uitsteek het.
Die Subaru Forester waarmee hulle gery het, is op ‘n erf in Paul Krugerstraat in Stellenbosch op sy dak in ‘n gruisgat vol water gevind. Volgens ‘n video wat op Facebook versprei is, kan gesien word hoe die motor om ‘n draai gaan en in die gruisgat beland. Die ongeluk het omstreeks 23:49 gebeur.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



