Deel: Help asb. Deolin Spandiel opspoor

Deel hierdie storie / Share this story

Hulp word gevra om Deolin Spandiel (20) van Sarepta, Kuilsrivier in die Kaap, wat laas op Saterdag 5 November gesien is, op te spoor.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder sê hy ly glo aan ‘n geestesgesondheidsprobleem en het sedert Vrydag 4 November nog nie sy medikasie geneem nie. Hy was ten tyde van sy verdwyning geklee in ‘n pienk T-hemp, swart seilskoene en ‘n swart driekwartbroek.

Enigiemand wat weet waar Deolin hom bevind, kan met die ondersoekbeampte AO Andries Binedell kontak maak by 079 894 1561 of alternatiewelik Crime Stop te skakel by 08600 10111. 7

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.