Seun (16) en suster (9) deur weerlig geslaan, seun dood

Deel hierdie storie / Share this story

Adriaan “AD” Gelant (16) het gesterf nadat weerlig hom en sy negejarige suster Donderdagmiddag in die Stolsvlakte, Oudtshoorn in die Wes-Kaap getref het.

Leon Campher sê: “Die voorval waartydens AD se negejarige suster ook deur die weerlig geslaan en beseer is, het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur.”

AD se suster was by hom toe hulle altwee deur die weerlig geslaan is. Hy het gesterf en alhoewel sy beseer was, het sy huis toe gehardloop om hulp te verkry. Die gemeenskap beskou haar as braaf omdat sy “kop gehou het en ons gaan haar daarvoor vereer.”

Gistermiddag om 17:00 het ‘n kranslegging plaasgevind en direk daarna is ‘n biduur gehou.

Voorbidding is gevra vir AD se ouers, broers en susters, uitgebreide familie asook vriende wat tans deur ‘n moeilike tyd gaan.

Bron: Leon Campher

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.