Metro FM se nuusleser, Pearl Shongwe, is dood gevind in haar huis in Polofields. Haar dood is bevestig deur haar familie wat aangekondig het dat sy in haar slaap oorlede is.
Shongwe (35) het daagliks nuus gelees op The Touchdown Show tussen 15:00 en 18:00.
Pearl Shongwe is in Soweto gebore en het in 2010 haar loopbaan by YFM afgeskop. In 2011 was sy ’n finalis in die Miss Soweto-kompetisie.
Sy het as vermaakverslaggewer saam met Mo Flava begin voordat sy as verslaggewer by SABC Sport aangesluit het. Pearl was ook ‘n stemkunstenaar op sy vlagskipprogramme, insluitend ‘n kindersportprogram, Sports Buzz.
Verder het sy ook die SABC1-program Daily Thetha aangebied en op die SABC 24-uur-nuuskanaal verskyn as ‘n sportgasheer op Sports Live. Pearl het voortgegaan om Morning Live oor naweke saam met Simphiwe Ncongwane aan te bied.
Die polisie is besig om haar dood te ondersoek.
Bronne: Sowetan LIVE, Sunday World, Citizen
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Landdros se vermeende moordenaar is nie ’n ‘druggie’ nie, sê pa



