As jy vanjaar langs president Cyril Ramaphosa by die jaarlikse ANC-galadinee aan tafel wil sit, sal dit jou R1,2 miljoen uit die sak jaag.
Die koste om dié jaarlikse dinee by te woon, is Dinsdagaand op die TicketPro-webtuiste bekendgemaak.
Die dinee sal op 15 Desember by Nasrec in Johannesburg gehou word.
Daar is gelukkig ook goedkoper opsies van R990 000 vir ‘n platinumpakket en R760 000 vir ‘n goue pakket.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



