Dan McCafferty van Nazareth se ‘Love Hurts’ sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Dan McCafferty (76) die legendariese Skotse voorsanger van die rockgroep Nazareth wat onder meer die liedjie Love Hurts met hul weergawe op gewilde ranglyste geplaas het, is gister om 12:40 in die ouderdom van 76 dood.

Pete Agnew, ook ‘n lid van die rockgroep, het die aankondiging op Facebook gemaak:

McCafferty was in 1968 medestigter van die gewilde kwartet-rockgroep.

Die lied Love Hurts is eerste deur die Everly Brothers gesing, maar dit was Nazareth se weergawe van 1975 wat ‘n wegholsukses was. Dit was nommer agt op die Billboard Hot 100 in die VSA, wat dit hul mees identifiseerbare liedjie ooit gemaak het.

McCafferty het in 2013 opgehou toer as gevolg van chroniese obstruktiewe longsiekte. Hy word deur sy vrou Maryann en ander familielede oorleef.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.