‘n Bejaarde egpaar is vanoggend in ‘n huisroof in Waterkloofrif, Pretoria, aangerand.
Emer-G-Med het om 08:40 op die toneel in Ariesstraat aangekom.
Na bewering het ‘n onbekende aantal verdagtes die bejaarde huiseienaars oorval, aangerand en van die toneel gevlug. Die beseerde egpaar is eers op die toneel gestabiliseer voordat hulle na ‘n hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling.
Die polisie was besig om die toneel te ondersoek. FiND iT het die polisie om kommentaar genader.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



